Created Wednesday 10 August 2011
Hoe U met Abraham gepraat het:
1. U sê vir hom (sonder enige verdere verduideliking van hoe) (Hebreeus: "amar" / ויאמר)
Gen.12:1-3, Gen.13:14-17, Gen.21:12-13, Gen.22:1-2
2. U verskyn aan hom (sonder enige verdere besonderhede) (Hebreeus: "va-yera" / וירא)
Gen.12:7, Gen.17:1-22 (en vaar op van hom af: Hebreeus: "'alah" / ויעל אלהים מעל אברהם)
3. Deur Melgisédek se woorde
Gen.14:18-20
4. Die woord van die HERE kom tot hom (soos met die profete) (Hebreeus: "devar Adonai" / היה דבר יהוה אל אברם)
Gen.15:1, 4-7, 9 [Gen.15:1 in 'n visioen (Hebreeus: "Machzeh" היה דבר יהוה אל אברם במחזה לאמר)
(Vgl. Jes.1:1, Obadja 1:1, Nahum 1:1 : Chazon חזון = visioen/gesig; Eseg.1:1 Mar'ot Elohim אראה מראות אלהים = gesigte van God; Amos 1:1, Miga 1:1, Hab.1:1 "sien" = "Chazah חזה)
5. In diep slaap (koma - soos Adam, toe Eva gemaak is uit sy rib) (Hebreeus: "tardema" / תרדמה), skrik en diep duisternis (Hebreeus: אימה חשכה גדלה)
Gen.15:12-16
6. Deur fisiese manifestasie (Rokende oond (Hebreeus: "Tanur 'ashen" / תנור עשן) en vuurfakkel ( Hebr: "Laphid esh" / לפיד אש)
Gen.15:17-21 (Vgl. Eseg.1:13 & Open.4:5)
7. Die Engel van die HERE (Hebreeus: "Mal`ach YHVH" / מלאך יהוה) praat met Hagar
Gen.16:7-12, Gen.21:17-18 (roep uit die hemel)
8. U verskyn aan hom as 3 manne (Uself en 2 engele: Gen.18:22, 19:1)
Gen.18:1-33 (וירא אליו יהוה באלני ממרא והוא ישב פתח האהל כחם היום׃ וישא עיניו וירא והנה שלשה אנשים - En die HERE het aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre. (en) Hy het in die opening van sy tent gesit weens die hitte van die dag en opgekyk (sy oë opgeslaan en gesien), en kyk, drie manne...)
9. In 'n droom met Abimeleg
Gen.20:3, 6-7
10. Die Engel van die HERE roep uit die hemel na Abraham
Gen.22:11-12, 15-18