[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Jeremia

Created Thursday 01 December 2011

Jeremia 19:1-6
"So sê die HERE: Gaan koop vir jou 'n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk en oudstes uit die priesters. 2 En gaan uit na die dal van die seun van Hinnom wat voor die ingang van die Potskerwepoort lê, en roep daar uit die woorde wat Ek met jou sal spreek. 3 En jy moet sê: Hoor die woord van die HERE, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit; 4 omdat hulle My verlaat het en hierdie plek onherkenbaar gemaak het en vir ander gode, wat hulle nie geken het nie, daarin rook laat opgaan het — hulle en hulle vaders en die konings van Juda; en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges. 5 En hulle het die hoogtes van Baäl gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl — iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in my hart nie opgekom het nie. 6 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hierdie plek nie meer sal genoem word Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal."


Backlinks: Matt.27