Created Tuesday 25 October 2011
Matt.20:1-16
"1 Want die koninkryk van die hemele is soos 'n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. 2 En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir 'n penning op 'n dag, stuur hy hulle in sy wingerd. 3 En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan. 4 En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan. 5 Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen. 6 En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig? 7 Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang. 8 En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes. 9 En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n penning ontvang. 10 Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen 'n penning ontvang. 11 En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer 12 en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het. 13 Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n penning nie? 14 Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou. 15 Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is? 16 So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies. "
---
Genade lyk onregverdig! Díe wat U hulle lewe lank gedien het, gaan nie noodwendig meer kry met die wederkoms as díe wat kort voor hulle dood tot bekering gekom het nie! Só sal wat laaste is, eerste wees en wat eerste is , laaste. Baie is geroep, maar net díe wat reageer is uitverkies.
---===---
U voorbeeld (Matt.20:17-28)
" 17 En toe Jesus opgaan na Jerusalem, het Hy die twaalf dissipels op die pad alleen geneem en vir hulle gesê: 18 Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel 19 en Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gésel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan. 20 Toe kom die moeder van die seuns van Sebedéüs met haar seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra. 21 En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter— en een aan u linkerhand. 22 Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan. 23 En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter— en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is. 24 En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers. 25 Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; 26 maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. 27 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; 28 net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie."
---
Eerstens leer U weer vir die dissipels wat op U wag. Maar hulle verstaan nie... en vra vir ere-posisies.
U leer ons dat as ons groot wil wees in U koninkryk, moet ons dienaar (=slaaf) word.
U het gekom om U lewe te gee as losprys:
"...Jesus Christ has not come to establish social justice any more than he has come to establish the power of the state or the reign of money or art. Jesus Christ has come to save men, and all that matters is that men may come to know him. We are adept at finding reasons-good theological, political, or practical reasons, for camouflaging this. But the real reason is that we let ourselves be impressed and dominated by the forces of the world, by the press, by public opinion, by the political game, by appeals to justice, liberty, peace, the poverty of the third world, and the Christian civilization of the west, all of which play on our inclinations and weaknesses. Modern protestants are in the main prepared to be all things to all men, like St. Paul, but unfortunately this is not in order that they may save some but in order that they may be like all men." - Ellul, Jacques. The Ethics of Freedom. English version, Wm. B. Eerdmans Publishing Company, 1976. :254–255
---===---
Matt.20:29-34
"29 En toe hulle uit Jérigo uitgaan, het 'n groot menigte Hom gevolg. 30 En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid! 31 En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid! 32 Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen? 33 Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word. 34 En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg."
---
U genees omdat U innig jammer vir hulle gevoel het. U vra nogtans eers vir hulle wat hulle verlang! U wil hê dat ons uitdruklik moet vra vir wat ons benodig.
---===---
Matt.21