[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Mark.1

Created Thursday 01 December 2011

In Markus leer ons hoofsaaklik deur U voorbeeld en wat U doen eerder as wat U leer...

Mark.1:1-8
"1 Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God. 2 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak — 3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! 4 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig. 5 En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes. 6 En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet. 7 En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie. 8 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees."
---
:1-3 - Die begin van die Goeie Nuus van Jesus Christus, die Seun van God: Die woord van die profete! Mal.3:1 en Jes.40.
:4-5 - Die boodskap wat die pad voorberei vir U: (doop van) bekering tot vergifnis van sondes. Hoe vind hierdie doop plaas? Met belydenis van ons sondes!
:7-8 - Wat kom nog kort by hierdie doop? Waarom is bekering en vergifnis nie die einddoel nie? Want ons het U nodig om ons met die Heilige Gees te doop. Dít is die goeie nuus!

U doop - Mark.1:9-15
" 9 En in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop. 10 En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal. 11 En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. 12 En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn. 13 En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien. 14 En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig 15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. "
---
Die voorbeeld vir ons as U dissipels:
1. Met water gedoop (Dit gebeur normaalweg na bekering - Johannes het die doop van bekering verkondig)
2. Bevestiging dat U die Seun van God is (ons word ook kinders van God in U).
3. Deur die Heilige Gees gedryf (soos profete van Ou Testament).
4. Versoek deur Satan (ons word ook baie keer aangeval kort na ons bekering, maar kan oorwin deur die Gees).
5. Kondig die goeie nuus oor die koninkryk van God aan (Dit behoort ook by ons 'n natuurlike gevolg van vervulling met die Gees te wees - Hand.1:8).

Roeping van eerste dissipels - Mark.1:16-20
"16 En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. 17 En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word. 18 En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg. 19 En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak. 20 En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg."
---
Twee aspekte om U dissipels te word:
1. Verlaat waarmee ons besig is.
2. Eerstens 'n positiewe oproep om agter U aan te kom en dán sal U ons verander om meer te word as tans - vissers van mense.

Mark.2:21-34 - Genesing van duiwelbesetene en Petrus se skoonma in Kapernaum

Hoe om besluite te maak - Mark.1:35-39
" 35 En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid. 36 En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg. 37 En toe hulle Hom vind, sê hulle vir Hom: Almal soek U. 38 En Hy sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan. 39 En Hy het die hele Galiléa deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf."
---
U het gebid en deur gebed geweet waarvoor U gestuur is. - Geld dieselfde beginsel nie vir ons ook nie?

Mark.1:40-45 - U genees 'n melaatse en die effek daarvan
"40 En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig. 41 En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig! 42 En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig. 43 En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg 44 en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle. 45 Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in 'n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom."
---
1. U genees omdat U innig jammer vir hom gevoel het. - Maak seker oor ons motiewe as ons vir genesings bid.
2. Die man se geloof is "As U wil, kan U..."
3. U doen dit níe om mense se aandag te trek of te beïndruk nie, maar wel om 'n getuienis teenoor die priesters te lewer.
4. U bediening: U was buite in verlate plekke en die mense het na U gekom: U moes U bediening aanpas by die feit dat U nie meer openlik in 'n plek kon ingaan nie.

---===---
Mark.2


Backlinks: