[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Mark.2

Created Sunday 18 December 2011

Mark.2:1-12 - Sien Matt.9:1-8
"1 En ná 'n paar dae het Hy weer in Kapérnaüm gekom, en die mense het gehoor dat Hy in die huis was. 2 En dadelik het baie saamgekom, sodat daar selfs by die deur nie meer plek was nie; en Hy was besig om aan hulle die woord te verkondig. 3 En daar kom mense na Hom met 'n verlamde man wat deur vier gedra word. 4 En toe hulle vanweë die skare nie naby Hom kon kom nie, maak hulle die dak oop waar Hy was, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die bed waar die verlamde op lê, laat afsak. 5 En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe! 6 En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer: 7 Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God? 8 En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte? 9 Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop? 10 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe — sê Hy vir die verlamde man: 11 Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. 12 En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!"
---
1. Dit is sy vriende se geloof wat U hart aanraak.
2. Eerste dinge eerste: vergifnis van sondes is belangriker as genesing van die liggaam.
3. U genees die verlamde uitdruklik om U woord te bevestig dat U as Seun van die mens die gesag het om sondes te vergewe.
4. As U 'n wonderwerk doen, word U Vader verheerlik. Dit gaan vir U oor Sy Naam.
---

Mark.2:13-17 - Roeping van Levi (Matthéüs)
:17 - "Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. "
---
Ons roeping is dieselfde!

Mark.2:18-22 - Vas & tradisies
" 18 En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie? 19 En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. 20 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae. 21 En niemand werk 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; anders skeur sy nuwe aangelapte stuk van die oue af, en daar kom 'n erger skeur. 22 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke laat bars, en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word."
---
1. Vas was nie gepas terwyl U met U dissipels is nie, maar is wel gepas noudat U weg van ons af is (Sien Matt.9:14-17).
2. Nuwe lap kan nie op ou klere gewerk word nie en nuwe wyn nie in ou leersakke nie: die evangelie is nuut en kan nie aangelas word op die ou tradisies nie.
---

Mark.2:23-28 - U is Here van die Sabbat
:27 - "En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie." (Sien Matt.12:1-8)

---===---


Backlinks: Mark.1