[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Matt.9

Created Sunday 18 September 2011

Matt.9

Jesus vergewe sondes! Die bewys dat Hy hiervoor die gesag het, was dat Hy die verlamde genees.
Matt.9:2 - "En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe."

As ons mense bedien, moet dít ook ons eerste prioriteit wees. Genesing en wonders is die bevestiging van die boodskap; dit is nie die boodskap nie. (Vgl. Mark.16:20)

Matt.9:8 - Die resultaat: die skare het God verheerlik. Dit was duidelik in Sy gesag gedoen. (Vgl. Matt.5:13-16)

Matt.9:13 - "...want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering."

Vas
Matt.9:15 - Vas is 'n teken van rou. Ons vas om ons voor God te verootmoedig (om "ons siele te verneder/arm te maak" voor Hom - letterlik in die Hebreeus).
So waarom het hulle in Hand.13:2 gevas? Om te bid vir Jesus se terugkeer? Die nood in die wêreld? Dit is juis deur die evangelie te verkondig dat ons U wederkoms kan verhaas (2 Pet.3:12 , Matt.24:14).
Toé het die Heilige Gees gepraat en Barnaba en Saul gestuur.

Matt.9:16-17
As die nuwe gekom het, moet daar van die oue ontslae geraak word, want dit sal nie die nuwe kan hanteer nie. Nuwe wyn!

Matt.9:18-31
Matt.9:21 - "...sy het by haarself gesê: as ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word."
Waarom sy kleed?
Mal.4:2 - "Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees;"
("genesing onder sy vleuels" = ומרפא בכנפיה = umarpei bicnafeiha)
Vgl. Num.15:38 - ציצת על כנפי בגדיהם = tsitsit al cnafei begadeihem = tosseltjies aan die hoeke (vleuels) van hulle klere)
Vgl. ook Deut.22:12 en Ps.91:4

Matt.9:22 - "Hou goeie moed dogter, jou geloof het jou gered."

Matt.9:25 - U dryf eers die skare weg, voordat U die dogtertjie opwek. Waarom? Matt.9:24 - "...hulle het Hom uitgelag." ?
(Vgl. Mark.5:36 - "Moenie vrees nie, glo net.") Dalk om Jaïrus te help om aan te hou glo?

Matt.9:29 - "Laat dit vir julle wees volgens julle geloof."

Die verskil wat geloof/ongeloof maak
Matt.9:33-34 - "En die skare het hulle verwonder en gesê: 'So iets is nog nooit in Israel gesien nie!' Maar die Fariseërs het gesê: 'Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.'"

Matt.9-10


Backlinks: Matt.8 Mark.2