Created Sunday 18 September 2011
Sending
Matt.9:35 - " En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan
en in hulle sinagoges geleer
inhoud: en die evangelie (goeie nuus) van die koninkryk verkondig
bevestiging: en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees."
Matt.9:36 - U voel "innig jammer" vir die skare "omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie."
(Vgl. Matt.11:28)
U reaksie (Vgl. Joh.4:34-38):
Matt.9:37-38 - "Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur."
en dadelik:
Matt.10:1 - "En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee..."
Matt.10:5 - "Jesus het hierdie twaalf uitgestuur..."
U rus ons toe; dan stuur U ons met spesifieke opdragte (Mark.6:7 - twee-twee)
Matt.10:6 - "...gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel." (Vgl. egter Matt.28:18-20 later)
Matt.10:7 - "... en gaan (verkondig/preek = κηρυσσων/κηρυσσετε) kondig aan en sê: 'Die koninkryk van die hemele het naby gekom.'"
Matt.10:8 - "Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee."
Matt.10:9-10 - Geen geld, reissak, ekstra klere (nie 2 kledingstukke), skoene of stok nie.
Matt.10:11-15 - Soek waardige huis en bly daar. As hulle julle nie ontvang nie, skud die stof van julle voete af.
Matt.10:26-36 - Hoe om vervolging te hanteer