Created Saturday 17 September 2011
Matt.8
U demonstreer prakties wat U so pas vir die dissipels geleer het (Matt.5-7) - Die koninkryk van God en U gesag
Matt.8:1-4 : Genees melaatse
"...Pas op dat jy dit aan niemand vertel nie," (Vgl. Matt.6:1)
"maar gaan vertoon jou ... en offer ... wat Moses voorgeskrywe het..." (Vgl. Matt.5:17)
Matt.8:5-13 : Geloof (Vgl. Luk.7:1-10, Joh.4:46-54)
"...Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. ..." (Matt.8:13)
Matt.8:14-17 : Genesings as vervulling van Jes.53:4 (Vgl. ook Matt.5:17)
"Hy het ons krankhede op Hom geneem en (ons) siektes gedra"
Matt.8:18-22 : Die aanvanklike prys van dissipelskap
"Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan." (Sê ons dit nie ook maklik nie?)
-> "Die Seun van die mens het geen plek waar Hy Sy hoof kan neerlê nie".
Dit gaan kos dat nie permanente blyplek het nie. (Vgl. Hebr.11:13-16, 38)
"...Laat my eers..." (Uitstel)
-> "...Volg my...!"
Laat die wat My nie volg nie (die dooies) self omsien na dooie dinge (hul eie dooies begrawe).
Luk.9:60 - "Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God."
Uitstel maak dat jy nie in die koninkryk kan deel nie! Luk.9:62 "Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie."
Matt.8:23-27 : Wie die Jesus is (vir wie ons volg).
"Wat vir 'n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?" (Matt.8:27)
Vgl. Mark.4:39 - "En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: 'Swyg, wees stil!'"
-> Dít is waarom Jesus onmiddelike gehoorsaamheid kan eis
---===---
Vader, wat is daar in my lewe wat ek eers wil doen voordat ek U voltyds/voluit volg? (Vgl.Ps.37:4)
---===---
Matt.8:28-34 : Duiwelbesetenes - hulle praat (8:29), maar die woorde is díe van die duiwels in hulle. Ons benodig die onderskeidingsvermoë om te weet wanneer dit die bose is wat praat in mense en wanneer dit mense self is. Mense kan oortuig word, maar nie die bose nie.