Created Thursday 11 August 2011
Matt.5 - Die koninkryk van God (Deel 1)
---===---
As ek U dissipel wil wees:
Stappe van bekering & geestelike groei:
1. (Matt.5:3) Arm van gees = niks om U te bied nie = afhanklik van U goedheid ("weet hoe afhanklik hulle van God is")
-> Aan hulle behoort die koninkryk (Jes.66:2, 61:1)
2. (Matt.5:4) Treur (Bekering/inkeer) (Jes.61:2)
-> Sal vertroos word
3. (Matt.5:5) Sagmoedig = nederig = vrug van die Gees (Gal.5:22) = oorgegee aan U
-> Sal die aarde (land) beërwe (Ps.37:11)
4. (Matt.5:6) Honger en dors (na geregtigheid = om reg voor U te wees) (Jes.55)
->Sal versadig word
5. (Matt.5:7) Barmhartig (vol medelye) (Spr.19:17)
->Sal barmhartigheid ontvang
6. (Matt.5:8) Rein van hart (=gereinig / opreg) (Ps.24:3-4)
->Sal God sien (Job 19:25-27)
7. (Matt.5:9) Vredemakers (Job 25:2)
->Kinders van God (soos Hy wat vrede maak)
8. (Matt.5:10-12) Vervolg ter wille van geregtigheid
->Aan hulle behoort die koninkryk; Groot loon, want so is die profete (wat gepraat het namens God!) ook vervolg -> Kan ons die vervolging ook net verwag wanneer ons begin praat oor wat God gedoen het?
Dit lei tot...
||
\/
Matt.5:15-16 : Sout & Lig
Sout: Werk bederf tee. Word weggegooi as dit smaak verloor!
Lig: Nie weggesteek nie
Só skyn dat Vader verheerlik sal word (nie onsself nie!) deur goeie werke
Hoe lyk dit? (Sout & Lig)
||
\/
Matt.5:17-19 Vervulling van die Wet en Profete (=Jesus)
||
\/
Matt.5:20 Groter geregtigheid as Fariseërs (Perushim) en Skrifgeleerdes (Sofrim) (= Jesus)
Hoe lyk dit? (Geregtigheid van Fariseërs en Skrifgeleerdes => groter geregtigheid van Jesus)
||
\/
1. Matt.5:21-26 : Nie moord pleeg nie (nie doodslaan nie) => Nie sonder rede kwaad wees of lelik praat met medemens nie
Dus, versoen eers met broer voor jy aan God offer (= wees vredemaker) (1 Joh 4:20)
2. Matt.5:27-30 : Nie egbreuk pleeg nie => Nie kyk na vrou om haar te begeer nie (= Rein van hart)
Pornografie = egbreuk!
3. Matt.5:31-32 : Skeibrief om te skei (m.a.w. mag nie verstoot, maar weier om te skei nie) => Nie skei nie (behalwe weens hoerery [hoerery is reeds egbreuk]) Skei = egbreuk
4. Matt.5:33-37 : Nie vals sweer nie => Glad nie sweer nie
Laat jou ja "ja" wees en jou nee "nee" (m.a.w. wees eerlik genoeg dat dit nie nodig is om te sweer nie)
5. Matt.5:38-42 : Reg & geregtigheid = oog vir oog, tand vir tand => Nie slegte mens weerstaan nie (=Dors na God se geregtigheid)
Draai ander wang
Gee meer as gevra
Stap ekstra myl
As iemand wil leen, gee
6. Matt.5:43-48 : Naaste liefhê => Jy moet ook jou vyande liefhê (Kinders van God = soos Hy volmaak in liefde)
---===---
Matt.5
1 En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom; 2 en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê: 3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word. 5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. 6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. 7 Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. 12 Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het. 13 Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. 14 Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. 16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. 17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. 20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. 21 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. 22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur. 23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, 24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe. 25 Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie. 26 Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste oortjie betaal het nie. 27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. 28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. 29 As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. 30 En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. 31 Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar 'n skeibrief gee. 32 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. 33 Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. 34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie — nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; 35 ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning; 36 ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie. 37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose. 38 Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. 39 Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. 40 En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. 41 En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. 42 Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie. 43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. 46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? 47 En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? 48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.