[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Matt.4

Created Wednesday 10 August 2011

Matt. 4: 1-11
As volgeling van Jesus (soos Jesus) behoort ek...

1. ... deur die Heilige Gees gelei word. (Matt.4:1 - "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in... ")

2. ... U Woord in my hart bêre sodat ek die vyand (versoeking) kan weerstaan. Jesus het die Torah (Ou Testament só geken). Dit is die 1ste ding wat U Gees doen: Lei Jesus na die woestyn... om versoek te word... en die versoeking/versoeker te oorwin!
U was in die woestyn saam met die wilde diere (:Mark.16:13). Waarom word dit genoem?

---===---

Vader, U het my nou na verlate plekke gelei waar ek saam met die wilde diere gaan wees. Dit is hier waar ek in die krag van U Gees die versoeker moet oorwin - of eerder, in U oorwinning oor die versoeker moet deel. Is dit deel van elke gelowige se lewe na hy/sy met die Gees vervul is? Nee, maar wat wel gebeur in elke gelowige is: Matt.3:16-17 ("En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.")->Rom.8:14-16 -> Die Gees getuig dat ons nou kinders van God is, volgens Joh.1:12-13 ("Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.")

---===---
Gedagte
Net soos ek nog steeds melk drink (en daarvan hou!), maar nie van melk alleen kan lewe nie, net so het ek as "volwasse" christen nogtans "melkkos" nodig van tyd tot tyd.

---===---
U boodskap - die goeie nuus
Na Johannes die Doper in die tronk gesit is (m.a.w. eers toe sy roeping as prediker afgehandel is! - Hoe lank na U doop was dit?), is U boodskap (opsommend):
"Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom." (Matt.4:17)
"Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die goeie nuus (evangelie)" (Mark.1:15)

---===---
Roeping
As U die dissipels roep, gebruik U 'n beeld wat inpas by hulle huidige werk: Vissers (van mense).

Die gevolg: Matt.4: 20 - Hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg. (Mark.1:18)
Matt.4:22 - En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg. (Mar.1:20)
En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles verlaat en Hom gevolg. (Luk.5:11)

Here Jesus, wat is daar wat ek moet velaat om U te kan volg?

---===---
Belydenis
Vader ek was verkeerd. Ek was nog nooit in staat om die evangelie met enige-iemand te deel nie! Selfs nie toe ek die Bybel goed leer ken het nie -> Toe kon ek mense net wegstoot i.p.v. nader trek. Here Jesus, U het nie die evangelie begin verkondig voordat U nie met die Heilige Gees vervul is nie! Wat laat óns dink dat óns dit kan doen? Vir U eie eerste dissipels sê U: "En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte." (Luk.24)

Matt.5


Backlinks: Matt.3