Created Thursday 04 August 2011
Matt. 12 volg op U woorde in Matt.11 dat U las lig en U juk sag is. Die eerste voorval in Matt. 12 illustreer dit:
Matt.12:1-14
In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet. 2 Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie. 3 Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie — toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het — 4 hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen? 5 Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie? 6 En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. 7 Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie; 8 want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat. 9 En Hy het daarvandaan weggegaan en in hulle sinagoge gekom. 10 En daar was 'n man met 'n verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is dit geoorloof om op die sabbat gesond te maak? — sodat hulle Hom sou kan aanklae. 11 Maar Hy sê vir hulle: Watter mens sal daar onder julle wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in 'n sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie? 12 Hoeveel meer is 'n mens dan nie werd as 'n skaap nie! So is dit dan geoorloof om op die sabbat goed te doen. 13 Toe sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en dit is herstel, gesond soos die ander een. 14 Daarop het die Fariseërs uitgegaan en saam raad gehou teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.
---===---
Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;
Een van die redes waarom ons nie moet/mag oordeel nie (behalwe vir wat reeds in Matt.7:1-5 genoem word), is omdat ons maklik op verkeerde gronde oordeel; nie met dieselfde maatstawwe as God beoordeel nie. As ons regtig geweet het wat U wou hê, sou ons dalk baie meer verdraagsaam gewees het.
Dan illustreer U dit wat U nou net gesê het deur op die Shabbat 'n man gesond te maak, want dit is op die Sabbat geoorloof om goed te doen. Ons eie rus (wat U vir ons gegee het omdat U ons liefhet) mag nie vir ons só belangrik raak dat ons die nood van mense om ons miskyk nie! As volgeling/dissipel van Jesus wys U hier ook wat ons motief werklik moet wees en wat U motief werklik was wanneer U goed gedoen het: barmhartigheid. (chesed=guns/genade - NAV: troue liefde)
(Hos.6:6) "Barmhartigheid (liefde) wil Ek hê en nie offers nie en kennis van God eerder as brandoffers."
י חסד חפצתי ולא זבח ודעת אלהים מעלות׃
(Mig.6:8) "Hy het jou gesê. o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om regverdig op te tree, en die barmhartigheid(genade) lief te hê en nederig saam met jou God te loop?"
8 הגיד לך אדם מה טוב ומה יהוה דורש ממך כי אם עשות משפט ואהבת חסד והצנע לכת עם אלהיך׃
"Vader, ek wil vandag vra dat hierdie Namakwa Karnivoor Navorsingsprojek U seën sal dra deurdat dit regtig mense sal help en ook werklik deur U gebruik sal word. Laat ek ook daarin 'n lig wees wat vir U skyn en nie vir myself nie en mag U Naam ook daardeur verheerlik word." Goeddoen as sulks mag nooit ons motief word nie, maar eerder U liefde vir mense wat deur ons vloei na hulle toe. "Mag dit asb. (weer) waar word in my lewe!"
U, Jesus, is Here van die sabbat. U antwoord op die Perushim maak dit duidelik dat U meer as die tempel is en dieselfde posisie beklee as Dawid (waar hy reeds as koning gesalf is, maar nog nie as sulks regeer het nie).