Created Sunday 29 December 2013
(35) Jes.32:1-5, 15-18
"1 Kyk, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg. 2 En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag. 3 Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van hulle wat hoor, sal luister; 4 en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek; 5 die dwaas sal nie meer 'n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie. ...
15 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken. 16 En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord. 17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid. 18 En my volk sal woon in 'n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus."
"Behold, a king will reign in righteousness,
and princes will rule in justice.
Each will be like a hiding place from the wind,
a shelter from the storm,
like streams of water in a dry place,
like the shade of a great rock in a weary land.
Then the eyes of those who see will not be closed,
and the ears of those who hear will give attention.
The heart of the hasty will understand and know,
and the tongue of the stammerers will hasten to speak distinctly.
The fool will no more be called noble,
nor the scoundrel said to be honorable.
...
until ( Joel 2:28) the Spirit is poured upon us from on high,
and the wilderness becomes a fruitful field,
and the fruitful field is deemed a forest.
Then justice will dwell in the wilderness,
and righteousness abide in the fruitful field.
And the effect of righteousness will be peace,
and the result of righteousness, quietness and trust 1 forever.
My people will abide in a peaceful habitation,
in secure dwellings, and in quiet resting places."
---===---
(35)