[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Ps.45

Created Thursday 11 July 2013

(24) Psalm 45
"Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.
My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid; ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
U pyle is skerp (volke val onder U!); hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer. U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader; en as die Koning u skoonheid begeer — want Hy is u Heer — buig u dan voor Hom neer. En, o dogter van Tirus — met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense. Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring. Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd."

"My heart overflows with a pleasing theme;
I address my verses to the king;
my tongue is like the pen of a ready scribe.
You are the most handsome of the sons of men;
grace is poured upon your lips;
therefore God has blessed you forever.
Gird your sword on your thigh, O mighty one,
in your splendor and majesty!
In your majesty ride out victoriously
for the cause of truth and meekness and righteousness;
let your right hand teach you awesome deeds!
Your arrows are sharp
in the heart of the king's enemies;
the peoples fall under you.
Your throne, O God, is forever and ever.
The scepter of your kingdom is a scepter of uprightness;
you have loved righteousness and hated wickedness.
Therefore God, your God, has anointed you
with the oil of gladness beyond your companions;
your robes are all fragrant with myrrh and aloes and cassia.
From ivory palaces stringed instruments make you glad;
daughters of kings are among your ladies of honor;
at your right hand stands the queen in gold of Ophir.
Hear, O daughter, and consider, and incline your ear:
forget your people and your father's house,
and the king will desire your beauty.
Since he is your lord, bow to him.
The people of Tyre will seek your favor with gifts,
the richest of the people.
All glorious is the princess in her chamber, with robes interwoven with gold.
In many-colored robes she is led to the king,
with her virgin companions following behind her.
With joy and gladness they are led along
as they enter the palace of the king.
In place of your fathers shall be your sons;
you will make them princes in all the earth.
I will cause your name to be remembered in all generations;
therefore nations will praise you forever and ever."
---===---
(24)


Backlinks: EnglishAnointed Psalms