Created Thursday 11 August 2011
Matt.12:46-50
46 En terwyl Hy nog met die skare spreek, staan sy moeder en broers daarbuite en wou graag met Hom praat. 47 Toe sê iemand vir Hom: Dáár staan u moeder en u broers buite en wil graag met U praat. 48 Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers? 49 En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers. 50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.
---===---
As ons pa of ma bo U liefhet, kan ons U nie volg nie. Maar U gee vir ons 'n nuwe, geestelike familie... elkeen wat die wil van die Vader doen! Dankie Here Jesus hiervoor!