Created Saturday 17 May 2014
(47) Dan.2:29-45
"29 Wat u betref, o koning, u gedagtes op u bed het opgestyg oor wat hierna sal gebeur, en die Openbaarder van die geheime het u bekend gemaak wat sal gebeur. 30 En wat my betref, hierdie geheim is my geopenbaar, nie deur 'n wysheid wat in my sou wees meer as in al die lewendes nie, maar met die bedoeling dat die uitlegging aan die koning bekend gemaak sal word en u die gedagtes van u hart kan ken. 31 U, o koning, het 'n gesig gehad — kyk, daar was 'n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. 32 Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, 33 sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. 34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande 'n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. 35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het. 36 Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê: 37 U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het, 38 en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het — ú is die hoof van goud. 39 En ná u sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers; 40 en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis. 41 En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was — dit sal 'n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het. 42 En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is — 'n gedeelte van die koninkryk sal hard en 'n gedeelte sal bros wees. 43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het — hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie. 44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel 'n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar 'n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan — 45 net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande 'n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar."
" “To you, O king, as you lay in bed came thoughts of what would be after this, and he who reveals mysteries made known to you what is to be. But as for me, this mystery has been revealed to me, not because of any wisdom that I have more than all the living, but in order that the interpretation may be made known to the king, and that you may know the thoughts of your mind.
You saw, O king, and behold, a great image. This image, mighty and of exceeding brightness, stood before you, and its appearance was frightening. The head of this image was of fine gold, its chest and arms of silver, its middle and thighs of bronze, its legs of iron, its feet partly of iron and partly of clay. As you looked, a stone was cut out by no human hand, and it struck the image on its feet of iron and clay, and broke them in pieces. Then the iron, the clay, the bronze, the silver, and the gold, all together were broken in pieces, and became like the chaff of the summer threshing floors; and the wind carried them away, so that not a trace of them could be found. But the stone that struck the image became a great mountain and filled the whole earth.
This was the dream. Now we will tell the king its interpretation. You, O king, the king of kings, to whom the God of heaven has given the kingdom, the power, and the might, and the glory, and into whose hand he has given, wherever they dwell, the children of man, the beasts of the field, and the birds of the heavens, making you rule over them all—you are the head of gold. Another kingdom inferior to you shall arise after you, and yet a third kingdom of bronze, which shall rule over all the earth. And there shall be a fourth kingdom, strong as iron, because iron breaks to pieces and shatters all things. And like iron that crushes, it shall break and crush all these. And as you saw the feet and toes, partly of potter's clay and partly of iron, it shall be a divided kingdom, but some of the firmness of iron shall be in it, just as you saw iron mixed with the soft clay. And as the toes of the feet were partly iron and partly clay, so the kingdom shall be partly strong and partly brittle. As you saw the iron mixed with soft clay, so they will mix with one another in marriage, but they will not hold together, just as iron does not mix with clay. And in the days of those kings the God of heaven will set up a kingdom that shall never be destroyed, nor shall the kingdom be left to another people. It shall break in pieces all these kingdoms and bring them to an end, and it shall stand forever, just as you saw that a stone was cut from a mountain by no human hand, and that it broke in pieces the iron, the bronze, the clay, the silver, and the gold. A great God has made known to the king what shall be after this. The dream is certain, and its interpretation sure.” "
---===---
(47)