Created Saturday 17 May 2014
(46) MP: Dan.12 - Sien Esegiël
(47) P: Dan.2 - Die wêreldryke en die koninkryk van God. Daniël vertel en verklaar vir Nebukadnesar, koning van Babel, sy droom. Die goue hoof van die beeld is Nebukadnesar se nieu-Babiloniese ryk, gevolg deur die silwer ryk van die Mede en Perse, gevolg deur die koper heupe en maag van die Griekse ryk en laastens die Romeinse ryk van yster en 'n hernude Romeinse ryk van yster en klei gemeng (10 tone = 10 konings? Vgl. Dan. 7:7&24). In die tyd van hierdie laaste koninkryk gaan God Sy koninkryk oprig (Sien (24) en (29), wat al hierdie ander koninkryke gaan verpletter (sien Ps.2), gesien as 'n klip (sien (34)) wat sonder mense-hande losraak, die beeld vernietig en so groot word dat dit die hele aarde vul (vgl. (25)). Dan.7 - Dieselfde 4 koninkryke, díe keer in die vorm van diere. Die Seun van die Mens kom met die wolke van die hemel en ontvang heerskappy en eer en koningskap, alle volke en tale vereer Hom (sien (2), (7), (20) en (25)) en Sy heerskappy is sonder einde en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie (in teenstelling met hierdie ander koninkryke). Dan.8 gee meer besonderhede oor die Medo-Persiese en Griekse ryke (insluitend 'n koning wat soos die laaste koning om uit die laaste Romeinse ryk te kom, die heiligdom vir 'n tyd lank (3.5 jaar) vertrap, maar dan verbreek word).
(48) MP: Dan.9 - Daar is 70 sewetalle (490 jaar) vasgestel vir Israel en Jerusalem om die goddeloosheid klaar te maak, sondes te verseël, die ongeregtigheid te versoen (sien (34), (35), (42), (43) en (46)), ewige geregtigheid te bring (sien (33)), gesig en profeet te beseël en wat hoogheilig is te salf. Vanaf die uitgang van die woord om Jerusalem te herstel (uitgevaardig in the 20ste jaar van koning Artasásta volgens Neh.2:1) tot 'n gesalfde vors is 7 sewetalle (49 jaar) gevolg deur nog 62 sewetalle (434 jaar) waartydens die stad opgebou sal word in moeilike omstandighede. Na hierdie 62 sewetalle (483 jaar altesaam) sal 'n Gesalfde afgesny word (sien Jes.53:8 (37)) maar nie vir Homself nie (ואין לו). Die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes. M.a.w. die Messias sal doodgemaak word voor die stad en die heiligdom weer vernietig gaan word (wat in 70 nC gebeur het toe die Romeine Jerusalem en die tempel vernietig het).