[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Opsommend

Created Thursday 30 January 2014

Wat word spesifiek gesê van die Gesalfde?

  1. Dat Hy die saad (nageslag) van die vrou sal wees - m.a.w. dat Hy 'n mens en nie bloot 'n geestelike wese soos 'n engel sal wees nie. Ook opvallend dat Hy die vrou se nageslag is en nie spesifiek die man se nageslag genoem word nie. (1)
  2. Dat Hy die slang, die verleier van die mensdom, se kop sal vermorsel, maar self aan die hakskeen beseer sal word deur die slang. (1) (11) (20) (27)
  3. Dat Hy uit Abraham se nageslag sal kom. (2) Omdat Abraham nie sy enigste seun teruggehou het nie. (3) & (4)
  4. Dat al die nasies deur (in) Hom geseën sal word. (2) (4) (5) (6) (25) (33) Die eilande wag op sy leer. (37)
  5. Dat Hy die poort van sy vyande (die slang volgens Gen.3:15) in besit sal neem. (4) Dat Hy nasies met 'n ysterstaf sal verpletter. (20) Dat Hy met die septer van sy mond die aarde sal slaan en met die asem van sy lippe die goddelose sal doodmaak. (33) (35) (55) Dat Hy oorwinnaar sal wees. (61)
  6. Dat Hy uit Isak se nageslag sal kom. (5)
  7. Dat Hy uit Israel (Jakob) se nageslag sal kom. (6)
  8. Dat Juda sal heers totdat Hy kom. (7)
  9. Dat Hy sal heers oor die volke en nasies. (7) (20) ...tot aan die eindes van die aarde. (25) (61) Dat baie nasies by die HERE sal aansluit en vir Hom 'n volk sal wees (57), nadat Hy vir hulle skoon lippe gegee het sodat hulle Hom kan dien. (55)
  10. Dat die Paasfees 'n ewige simbool van verlossing sal wees. (8 - SS)
  11. Dat die Naam van die HERE in Sy Engel is. (9 - SS) Sy Naam is Wonderbaar. (14) (33)
  12. Daarom moet na Hom geluister word. (9) (12) Dat die Here Hom elke oggend sal leer wat om te sê. (37)
  13. Dat Hy soos 'n banier opgelig sal word sodat elkeen wat na Hom kyk, gered sal word. (10 - SS) Dat Hy, die wortel van Isai, as banier vir die volke sal dien en die nasies na Hom sal vra (vgl. 4. hierbo). (33)
  14. Dat Hy 'n profeet uit Israel sal wees (vgl. 7. hierbo) soos Moses. (12)
  15. Dat Hy die volle vervulling van die beloofde land bring in teenstelling met Moses wat net tot by die begin daarvan kon bring (13 - SS) Dat Hy volheid van vrede sal bring (25) (32), vrede sonder einde. (33) Dat Hy vrede aan die nasies gaan verkondig en die oorlogswapens uit Israel sal uitroei. (61) (49) (54)
  16. Dat Hy die Gesalfde is. (15 - S) Dat die HERE self, sy God, Hom as koning gesalf het. (20) (24) Dat Hy met die Gees van die HERE gesalf is. (37 - Jes.61)
  17. Dat Hy Dawid se saad (nageslag) is. (16)
  18. Dat Hy God se Seun is. (16) (20) Dat God een Seun het. (31 - S)
  19. Dat Hy vir ewig sal heers in God se Koninkryk (16) (24) (25) (26) (29), op die troon van sy vader Dawid. (33) (41) (46) Dat díe koninkryk die hele aarde sal vul. (47)
  20. Dat Hy 'n huis (tempel) vir God sal bou. (16) (17 - SS) (59)
  21. Dat Hy as Seun van die mens (vgl. 1. hierbo) in die hemel by God sal pleit namens mense. (18 - SS)
  22. Dat Hy 'n lewende Verlosser is wat agterna op die stof sal staan. (19 - SS)
  23. Dat die nasies se heersers teen Hom en die Here beraadslaag. (20)
  24. Dat Hy in Sion (Jerusalem), God se heilige berg, sal heers. (20) (27)
  25. Dat almal wat by Hom skuil (op Hom vertrou), welgeluksalig (geseënd) is. (20) (34)
  26. Dat Hy nie verotting sal sien nie en sy siel nie in die doderyk (Sheol) gelaat sal word nie. (21 - SS) Dat die Here Hom sal red. (22 - S) Dat Hy die resultaat van Sy moeitevolle lyding sal sien nadat Hy Sy lewe uitgestort het as skuldoffer. (37 - DP)
  27. Dat Hy deur God verlaat sal word. (22 - S)
  28. Dat Hy deur die mense (en Sy volk) verag sal wees, dat hulle Hom sal bespot. (22 - S) (37 - DP)
  29. Dat Hy van dors sal versmag en in die stof van die dood neergelê sal word. (22 - S)
  30. Dat Hy deur kwaaddoeners omsingel sal word. (22 - S)
  31. Dat hulle sy voete en hande sal deurboor. (22 - S)
  32. Dat hulle sy klere onder mekaar sal deel en die lot sal werp oor sy kleed. (22 - S)
  33. Dat al die nasies sal hoor hoe die Here Hom gered het en hulle sal bekeer. (22 - S)
  34. Dat 'n nageslag (saad) die Here sal dien. (22 - S) Dat Hy die saad sal sien as gevolg van sy lyding. (37 - DP)
  35. Dat Hy, soos die HERE self, 'n goeie herder vir die volk sal wees. (23) (41)
  36. Dat Hy God is (Dit kan op twee maniere vertaal word, een wat Hom aanspreek as God en die ander wat sê dat God, Sy God, Hom gesalf het). (24) Hy is "Sterke God" en "Ewige Vader". (33) Saam met die Heilige Gees verlos Hy Israel. (39)
  37. Dat Hy met geregtigheid sal regeer. (24) Hy sal aan die ellendiges en behoeftiges reg verskaf en hulle verlos, maar die verdrukkers verbrysel. (25) Hy sal nie volgens die uiterlike oordeel nie, maar regverdig. (33) (41) (61)
  38. Dat Hy, die Here, sit aan die regterhand van die HERE tot sy vyande tot voetbank onder Sy voete gemaak is. (27) Dat Hy voorspoedig en hoog verhewe sal wees. (37)
  39. Dat Hy 'n priester is volgens die orde van Melgisedek. (27) Dat Hy met majesteit gaan heers en 'n priester gaan wees op sy troon. (59)
  40. Dat Hy, die steen wat deur die bouers verwerp is, tot 'n hoeksteen gemaak is. (28) Hy, die grondsteen, beproefde steen, die kosbare hoeksteen, sal vir die twee huise van Israel 'n steen des aanstoots en 'n rots waaroor mens struikel, wees. (34) Hy is die steen met 7 oë wat deur die HERE gegraveer is (58).
  41. Dat Hy as wysheid saam met God die heelal geskep het. (30 - SS)
  42. Dat Hy, die Spruit van die HERE, die spruit van Dawid (41), in die laaste dae tot eer sal wees (sien 13. hierbo). (32) Hy is die takkie uit die stomp van Isai (Dawid se pa), die loot (Netzer) uit sy wortel, sowel as die wortel van Isai (beide die oorsprong en die uiteinde). (33) 'n Loot wat uitspruit voor die aangesig van die Here en 'n wortel uit droë grond. (37) Hy, die kneg van die HERE ((37) - sien 51. hieronder) is die Spruit wat gaan kom (na die ballingskap) (58) (59).
  43. Dat Hy as teken sal dien dat God met ons is (Immanuel): Hy sal uit 'n jong maagd (almah) gebore word. Hy sal as kind vir ons gegee word. (33)
  44. Dat Hy as lig sal wees in die duisternis van Galilea (Galil van die heidene). (33) Hy sal die lig vir die nasies wees. (37)
  45. Dat Hy genoem sal word: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. (33)
  46. Dat die Gees van die HERE op Hom sal rus, die Gees van wysheid (chochmah) en verstand (binah), van raad ('atzah) en sterkte (gvorah), van kennis (da'at) en die vrees van die HERE (jirat JHWH). (33) (37)
  47. Dat in Sy dae die oorblyfsel van Israel, die volk van die Here, weer losgekoop sal word. (33)(42 - MP)
  48. Dat net 'n oorblyfsel na Hom (Sterke God), sal terugkeer. (33)
  49. Dat die skuld van die aarde op een dag (deur Hom) uitgedelg sal word. (34) (35) Sy volk word vergewe en gereining van al hulle sondes. (42 - MP) (43) (46 - MP) (58 - MP) 'n Geopende fontein om sonde en onreinheid weg te was. (63)
  50. Dat 'n stem in die woestyn sal roep om die pad vir Hom gereed te maak. (36) Dat die HERE sy boodskapper, Elia, sal stuur om die pad voor Hom gereed te maak en die kinders en vaders te versoen. (65)
  51. Dat Hy die Kneg (eved) / Dienaar van die HERE is, die Uitverkorene in wie die HERE 'n welbehae het en wat Hy ondersteun. (37)
  52. Dat Hy nie sal uitroep en op straat skree nie. (37)
  53. Dat Hy nie die gebrokenes sal verbreek nie, nie die geknakte riet sal breek nie en nie die dowwe lamp sal uitblus nie. (37)
  54. Dat Hy nie verbreek sal word voor Hy nie die reg gevestig het op aarde nie. (37)
  55. Dat Hy die reg sal bring na die nasies (sien 4., 9., 33., en 37. hierbo). (37)
  56. Dat Hy die verbond vir die volk (Israel) sal wees. (37) Dat Hy, as Dawid, die genadige betroubaarhede van die verbond sal wees. Dat die verbond gratis en vry sal wees: elkeen wat hom bekeer sal vergewe word. (38) Dat Hy as ewige Koning oor Israel sal regeer in 'n nuwe verbond. Dat die Here 'n nuwe verbond met Israel sal sluit, anders as die verbond wat na die uittog uit Egipte gesluit is: 1. Hy sal Sy wette in hulle binneste, op hulle harte, skryf; 2. Hy sal gee dat hulle Hom leer ken, elkeen persoonlik; 3. Hy sal hulle sondes en ongeregtighede vergewe en daar nie meer aan dink nie (sien 49. hierbo). 4. Hy sal hulle een hart en een Weg gee om Hom altyd te vrees as 'n ewige verbond. (42 - MP) (43) 5. Hy sal Sy Gees in hulle binneste gee sodat hulle Sy wette sal hou. 6. Dawid, Sy Kneg, sal vir ewig as Koning en Herder oor hulle regeer (46 - MP). Dat dit sal gebeur nadat Israel weer terug is in hulle land. (53) (55)
  57. Dat Hy blinde oë sal oopmaak. (37) (35)
  58. Dat Hy gevangenes sal vrymaak. (37)
  59. Dat Hy Israel weer sal terugbring na die Here. (37)
  60. Dat Hy vermoeide weer met sy woorde sal versterk (sien 52. en 12. hierbo). (37)
  61. Dat Hy sy rug sal gee vir díe wat slaan en sy gesig vir die wat die hare uittrek en daarin spoeg. (37 - DP)
  62. Dat Hy nie erken of geag sal word deur Sy eie volk, Israel, nie. Dat hulle Hom sou hou as een wat deur God gestraf word. (37 - DP)
  63. Dat Hy geen besonderse voorkoms sou hê dat ons Hom sou ag nie. (37 - DP)
  64. Dat Hy ons siektes en smarte sou dra. Dat daar deur sy wonde vir ons genesing sal kom. (37 - DP)
  65. Dat Hy ter wille van ons sondes deurboor en verbrysel sal word (sien 2. en 31. hierbo). (37 - DP)
  66. Dat Hy vir ons vrede sal bring deur ons straf op Hom te neem (sien 15. hierbo). (37 - DP)
  67. Dat Hy stil en onderworpe sal wees (soos 'n lam na die slagplek). (37 - DP)
  68. Dat Hy geen onreg sal doen nie en geen bedrog in sy mond sal wees nie. (37 - DP)
  69. Dat hulle sy graf by goddeloses sal gee en Hom onder die oortreders sal tel. (37 - DP)
  70. Dat Hy egter by 'n ryke in sy dood sal wees. (37 - DP)
  71. Dat Hy vrywillig vir ons sondes sal sterf en daarna weer die lig sal sien en lewe (37 - DP)
  72. Dat Hy vir oortreders sal bid. (37 - DP)
  73. Dat Hy die genadejaar van die Here sal aankondig (37 - Jes.61)
  74. Dat Tofet, die dal van die seun van Hinnom (Gei-Ben-Hinnom), Moorddal genoem sal word. (40)
  75. Dat Hy "Die-HERE-ons-geregtigheid" genoem sal word (sien ook 45. hierbo). (41 - MP)
  76. Dat Hy die ewige koninkryk van God (sien 19. hierbo) sal vestig in die tyd van die Romeinse ryk (47)
  77. Dat Hy afgesny sal word (uit die land van die lewendes (37 - DP)) voor die Romeine Jerusalem en die heiligdom sal vernietig. (48 - MP)
  78. Dat Hy, die Seun van die mens, op die wolke van die hemel sal kom voor die Oue van dae om die ewige koninkryk, heerskappy en eer van alle volke te ontvang. (47)
  79. Dat Hy na baie dae dat Israel sonder slagoffers, afgode en koning was, bewend deur Israel gesoek sal word, die oorlogswapens uit die land sal verdwyn (sien 15. hierbo), en Israel in die HERE gered (verlos) sal word en nie deur wapens nie. (49)
  80. Dat Hy in díe dag ook met die wilde diere 'n verbond sal sluit. (49) Dat daar vrede sal wees sodat die leeu en die lam saam sal wei. (33)
  81. Dat Hy Israel is (37 - Jes.49), wat as jong seun uit Egipte geroep is. (50 - S)
  82. Dat Hy Israel uit die dood sal laat opstaan, oordeel (sien 37. hierbo) en ewige lewe sal gee. (46) (51)
  83. Dat Hy die Heilige Gees op alle vlees sal uitstort (sien ook 16., 36. en 46. hierbo). (52)
  84. Dat Hy uit Betlehem sal voortkom. (54)
  85. Dat sy uitgange uit die voortyd, die dae van die ewigheid sal wees. (54)
  86. Dat Hy tydelik sy volk sal prysgee. (54)
  87. Dat die toekomstige heerlikheid/eer van die 2de tempel in Jerusalem groter gaan wees as die heerlikheid van die 1ste tempel (wat Solomo gebou het). (56) Sien ook 20. hierbo. Dat God weer in die midde van Jerusalem gaan woon (52) na die ballingskap (57). (vgl. (65))
  88. Dat Hy (Jesua) gekroon gaan word met die woorde: "Kyk, die man..." (59)
  89. Dat die (baie) nasies die HERE in Jerusalem gaan aanbid (sien 87., 9., 24 hierbo) (60) (64)
  90. Dat Hy as regverdige en nederige koning Jerusalem op 'n donkie gaan binne-ry. (61 - MP)
  91. Dat Jerusalem se gevangenes kragtens die bloed van die verbond vrygelaat gaan word. (61)
  92. Dat Hy as herder beskou gaan word as net maar 30 silwerstukke werd. Die silwerstukke moet in die tempel vir die pottebakker gegooi word. (62 - S) (Sien ook (40) 74. hierbo - Tofet het regoor die pottebakkerspoort gelê).
  93. Dat Jerusalem (en Israel) oor Hom gaan treur soos oor 'n enigste seun nadat die Gees van genade en smeking oor hulle uitgestort is. (63)
  94. Dat Hy die kinders van Levi (wat in die tempel werk) gaan reinig soos vuur wat gebruik word om silwer en goud te louter.
  95. Dat Hy die Engel van die verbond is (sien 11. hierbo), die Here (sien (27)) wat onverwags/skielik na sy tempel gaan kom. (65)


Backlinks: Home Josua Genesis 1Konings Rigters 1Samuel 2Samuel Exodus Numeri Deuteronomium Miga 1Kronieke Job Psalms Ps.110 Spreuke Jesaja Daniel Jeremia Esegiel Hosea Sefanja Haggai Sagaria Maleagi