Created Thursday 03 April 2014
(40) SS: Jer.19 - Tofet, die dal van die seun van Hinnom (Gei-Ben-Hinnom/Gehenna), voor die poort van die potskerwe, sal Moorddal genoem word. As teken daarvan (en van die val van Jerusalem) breek Jeremiah 'n pottebakkerskruik daar. (Sien ook Sagaria 11).
(41) MP: Jer.23 - Die Regverdige Spruit vir Dawid (Sien (32) en (33)), die Regverdige Koning ((24) en (25)), Die-HERE-ons-geregtigheid. Hy sal regverdig regeer en met verstand (sien (33)). In sy dae sal Juda en Israel verlos word (37). Die Here sal goeie herders wek wat Sy volk sal oppas; sien ook (23).
(42) MP: Jer.30-33 - Die Nuwe Verbond (sien ook (43). 'n Reeks profesieë oor die toekomstige herstel van Israel. Eers dat hulle wel in die hande van Babel oorgegee sal word en in ballingskap sal gaan weens al hulle sondes, maar dan dat hulle wel na 70 jaar sal terugkeer. Jer.30:9-11: Israel sal terugkeer na hul land en die HERE en hulle koning Dawid wat Hy sal verwek, dien. Jer.31: Hy sal vir Israel God wees en hulle sal Sy volk wees, Hy sal hulle soos 'n Herder lei na waterstrome (sien (23) en (35)). Hy sal hulle loskoop en verlos. (S: Ragel sal huil oor haar kinders wat nie meer is nie. Dit dui waarskynlik eerstens op Israel (stamme van Josef en Benjamin) wat weggevoer is, maar Ragel is ook begrawe naby Betlehem waar die Messias gebore sou word (Miga 5). In die konteks van die Messiaanse profesie is daar 'n belofte van troos vir haar.) Die HERE sal 'n nuwe verbond met Israel en Juda sluit, níe soos die verbond wat Hy met die uittog uit Egipte met hulle gesluit het nie (want hulle het daardie verbond verbreek), maar die nuwe verbond sal drie dinge behels: 1. Hy sal Sy wette in hulle binneste, op hulle harte, skryf; 2. Hy sal gee dat hulle Hom leer ken, elkeen persoonlik; 3. Hy sal hulle sondes en ongeregtighede vergewe en daar nie meer aan dink nie. Dít sal 'n ewige verbond wees: Israel sal nooit ophou om as volk voor Hom te bestaan nie en Hy sal nooit die hele Israel verwerp oor al hulle sondes nie (sien Jes.10 (33) - 'n oorblyfsel sal terugkeer). Jer.32: Hy sal hulle een hart en een Weg gee om Hom altyd te vrees, 'n ewige verbond. Jer.33: Die Here sal aan Jerusalem 'n oorvloed duursame vrede openbaar. Hy sal hulle reining van hulle ongeregtigheid en hulle sondes vergewe. In dié dae en in dié tyd sal Hy vir Dawid 'n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, wat reg en geregtigheid sal doen in die land. In dié dae sal Juda verlos word (en Jerusalem sal genoem word: Die-HERE-ons-geregtigheid - sien (41) hierbo).
---===---
Klaagliedere
Miga
Opsommend