[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Sagaria

Created Friday 08 August 2014

(57) P: Sag.2:10-13 - Die HERE gaan in die midde van Sion kom woon (sien (52)). Baie nasies gaan in die toekoms by die HERE aansluit en vir Hom tot 'n volk wees.

(58) MP: Sag.3 - Die HERE gaan sy kneg, die Spruit (tsemach) laat kom. Hy is die steen met 7 oë wat deur die HERE gegraveer is (sien (34)). En deur wie die HERE die land se skuld in een dag sal wegneem (sien (37), (42) en (43)).

(59) MP (S): Sag.6 - Die profeet moet 'n kroon maak en op die kop van Jesua (sien (13)), die hoëpriester, plaas en sê: "Kyk die man wie se naam is Spruit." ("Kyk die man..." is dieselfde woorde wat Pilatus gebruik het toe hy Jesus met die doringkroon op sy kop voor die Joodse leiers gebring het.) Spruit/Takkie word herhaaldelik gebruik as Naam vir die Gesalfde (bv. (33) en (41)) en Hy sal die HERE se tempel bou (vgl. (16) en (17)). Hy sal majesteit verkry op sy troon en 'n priester wees op sy troon (vgl. Ps.110 (27)).

(60) P: Sag.8 - Baie volke sal na Jerusalem optrek om die HERE te aanbid (sien (32)).

(61) MP: Sag.9 - Jerusalem moet bly wees, want haar koning kom na haar. Hy is regverdig (sien (32) en (37)) en oorwinnaar (sien (20)), nederig en hy ry op 'n donkie. Al is Hy oorwinnaar, sal Hy sal die oorlogswapens uit Isael uitoei. Hy sal vrede aan die nasies verkondig (sien (2), (32) en (33)) en heers tot aan die eindes van die aarde. Die gevangenes van Jerusalem sal kragtens die bloed van die verbond vrygelaat word.

(62) S: Sag.11 - Sien Jer.19 (40) - Die profeet word aangesê om die slagskape (simbolies van Israel) op te pas as herder. Hy het twee herder-stawwe, nl. lieflikheid en samebinding. Dan raak hy ongedukldig met hulle en hulle keer hul weg van hom af. Hy verbreek die twee stawwe en word 30 silwerstukke betaal (die prys wat die eienaars gedink het hy werd is) en die HERE sê dat hy die geld in die tempel moet gaan gooi vir die pottebakker (sien (40) waar Jeremia 'n erdekruik breek voor Tofet by die pottebakkerspoort en dan in die tempelvoorhof teen die volk profeteer). Hierna sal die HERE 'n dwase herder oor die volk verwek wat hulle nie sal versorg nie (vgl. (45) en (41)) en hulle sal misbruik. Sy regter oog sal blind raak en sy regter-arm sal verdor.

(63) P: Sag.12-13 - Die Here sal al die nasies wat teen Jerusalem aankom, verdelg. Dan sal Hy oor die inwoners van Jerusalem die Gees van smeking en genade uitgiet. Hulle sal opkyk na die Here wat hulle deurboor het (Jes.53) en oor Hom treur en weeklaag. Daar sal 'n geopende fontein vir hulle wees teen sonde en onreinheid (sien (58) hierbo). Afgode, vals profete en die onrein gees sal uit die land uitgeroei word. Die swaard teen die HERE se herder (sien (45)), die man wat langs Hom staan (vgl. Ps.110), en die skape sal verstrooi word (sien (62)) Een derde sal oorbly en soos goud in die vuur gesuiwer word (Jes.4). Hulle sal die HERE se volk wees en Hy hulle God.

(64) P: Sag.14 - Die dag van die HERE (sien (35) Joel 3:1-2, Jes.60:19, 33:21). Al die nasies sal teen Jerusalem optrek en die helfte van die stad wegvoer. Dan sal die HERE kom om teen hulle te veg en op die Olyfberg gaan staan. Die Olyfberg gaan split en hulle (Israel) sal daarlangs vlug. Dan sal die HERE kom met al die heiliges. Dit sal 'n dag wees wat net die HERE weet (wanneer), daar gaan geen lig wees nie (tot die sterre gaan donker wees) en teen die aand gaan dit lig word. En in díe dag sal daar lewende water uit Jerusalem vloei Oos- en Weswaarts (Eseg. 47:1, Joël 3:18) En die HERE sal koning wees oor die hele aarde (vgl. (61) hierbo). En die volke wat teen Jeruslaem opgetrek het, sal met 'n plaag getref word (Joël 2:20). En almal wat van díe nasies oorgebly het sal jaarliks die HERE kom aanbid en die huttefees vier.
---===---
Maleagi
Opsommend


Backlinks: Home Jes.53 Sag.6 Ps.110 Sag.9 Sag.8 Jes.4 Sag.3 Jes.33 Opsommend Joel3 Haggai Sag.2 Sag.11 Sag.12-13 Sag.14 Jes.60 Eseg.47