Created Sunday 14 September 2014
(63) Sag.12:8-13:2,7-9
"8 In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit. 9 Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. 10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind. 11 In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo. 12 En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; 13 die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van Símeï afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik. 14 Al die ander geslagte — elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik. 1 In dié dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid. 2 En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
...
7 Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die HERE van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes. 8 En in die ganse land, spreek die HERE — twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly. 9 Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos 'n mens silwer smelt en hulle toets soos 'n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!"
"On that day the Lord will protect the inhabitants of Jerusalem, so that the feeblest among them on that day shall be like David, and the house of David shall be like God, like the angel of the Lord, going before them. And on that day I will seek to destroy all the nations that come against Jerusalem.
And I will pour out on the house of David and the inhabitants of Jerusalem a spirit of grace and pleas for mercy, so that, when they look on me, on him whom they have pierced, they shall mourn for him, as one mourns for an only child, and weep bitterly over him, as one weeps over a firstborn. On that day the mourning in Jerusalem will be as great as the mourning for Hadad-rimmon in the plain of Megiddo. The land shall mourn, each family by itself: the family of the house of David by itself, and their wives by themselves; the family of the house of Nathan by itself, and their wives by themselves; the family of the house of Levi by itself, and their wives by themselves; the family of the Shimeites by itself, and their wives by themselves; and all the families that are left, each by itself, and their wives by themselves. On that day there shall be a fountain opened for the house of David and the inhabitants of Jerusalem, to cleanse them from sin and uncleanness.
And on that day, declares the Lord of hosts, I will cut off the names of the idols from the land, so that they shall be remembered no more. And also I will remove from the land the prophets and the spirit of uncleanness.
...
Awake, O sword, against my shepherd,
against the man who stands next to me,”
declares the Lord of hosts.
“Strike the shepherd, and the sheep will be scattered;
I will turn my hand against the little ones.
In the whole land, declares the Lord,
two thirds shall be cut off and perish,
and one third shall be left alive.
And I will put this third into the fire,
and refine them as one refines silver,
and test them as gold is tested.
They will call upon my name,
and I will answer them.
I will say, ‘They are my people’;
and they will say, ‘The Lord is my God.’”"
---===---
(63)