Created Monday 15 September 2014
(64) Sag.14
"1 Kyk, daar kom 'n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem! 2 Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. 3 En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. 4 En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide. 5 En julle sal vlug in die dal van my berge — want die dal van die berge sal loop tot by Asal — en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U! 6 En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees. 7 En dit sal 'n enige dag wees wat aan die HERE bekend is — geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. 8 En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees. 9 En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een. 10 Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning. 11 En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon. 12 En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond. 13 En in dié dag sal 'n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander. 14 En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere — 'n groot hoeveelheid. 15 En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is. 16 En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier. 17 En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie — hulle sal geen reën kry nie. 18 En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. 19 Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie. 20 In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar. 21 Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie."
"Behold, a day is coming for the Lord, when the spoil taken from you will be divided in your midst. For I will gather all the nations against Jerusalem to battle, and the city shall be taken and the houses plundered and the women raped. Half of the city shall go out into exile, but the rest of the people shall not be cut off from the city. Then the Lord will go out and fight against those nations as when he fights on a day of battle. On that day his feet shall stand on the Mount of Olives that lies before Jerusalem on the east, and the Mount of Olives shall be split in two from east to west by a very wide valley, so that one half of the Mount shall move northward, and the other half southward. And you shall flee to the valley of my mountains, for the valley of the mountains shall reach to Azal. And you shall flee as you fled from the earthquake in the days of Uzziah king of Judah. Then the Lord my God will come, and all the holy ones with him.
On that day there shall be no light, cold, or frost. And there shall be a unique day, which is known to the Lord, neither day nor night, but at evening time there shall be light.
On that day living waters shall flow out from Jerusalem, half of them to the eastern sea and half of them to the western sea. It shall continue in summer as in winter.
And the Lord will be king over all the earth. On that day the Lord will be one and his name one.
The whole land shall be turned into a plain from Geba to Rimmon south of Jerusalem. But Jerusalem shall remain aloft on its site from the Gate of Benjamin to the place of the former gate, to the Corner Gate, and from the Tower of Hananel to the king's winepresses. And it shall be inhabited, for there shall never again be a decree of utter destruction. Jerusalem shall dwell in security.
And this shall be the plague with which the Lord will strike all the peoples that wage war against Jerusalem: their flesh will rot while they are still standing on their feet, their eyes will rot in their sockets, and their tongues will rot in their mouths.
And on that day a great panic from the Lord shall fall on them, so that each will seize the hand of another, and the hand of the one will be raised against the hand of the other. Even Judah will fight against Jerusalem. And the wealth of all the surrounding nations shall be collected, gold, silver, and garments in great abundance. And a plague like this plague shall fall on the horses, the mules, the camels, the donkeys, and whatever beasts may be in those camps.
Then everyone who survives of all the nations that have come against Jerusalem shall go up year after year to worship the King, the Lord of hosts, and to keep the Feast of Booths. And if any of the families of the earth do not go up to Jerusalem to worship the King, the Lord of hosts, there will be no rain on them. And if the family of Egypt does not go up and present themselves, then on them there shall be no rain; there shall be the plague with which the Lord afflicts the nations that do not go up to keep the Feast of Booths. This shall be the punishment to Egypt and the punishment to all the nations that do not go up to keep the Feast of Booths.
And on that day there shall be inscribed on the bells of the horses, “Holy to the Lord.” And the pots in the house of the Lord shall be as the bowls before the altar. And every pot in Jerusalem and Judah shall be holy to the Lord of hosts, so that all who sacrifice may come and take of them and boil the meat of the sacrifice in them. And there shall no longer be a trader in the house of the Lord of hosts on that day. "
---===---
(64)