Created Saturday 19 July 2014
(52) Joël 2:11-32
"11 En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra? 12 Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. 13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil; 14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy 'n seën sal agterlaat — 'n spysoffer en 'n drankoffer aan die HERE julle God. 15 Blaas die basuin op Sion, heilig 'n vasdag, roep 'n vergadering saam! 16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek. 17 Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God? 18 Toe het die HERE geywer vir sy land en sy volk verskoon. 19 En die HERE het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot 'n voorwerp van smaad onder die nasies nie. 20 Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na 'n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en 'n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen. 21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge! 22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag! 23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen. 24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop. 25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het — my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het. 26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. 27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. 28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. 29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. 30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. 31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom. 32 En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep."
"The Lord utters his voice
before his army,
for his camp is exceedingly great;
he who executes his word is powerful.
For the day of the Lord is great and very awesome;
who can endure it?
“Yet even now,” declares the Lord,
“return to me with all your heart,
with fasting, with weeping, and with mourning;
and rend your hearts and not your garments.”
Return to the Lord, your God, for he is gracious and merciful,
slow to anger, and abounding in steadfast love;
and he relents over disaster.
Who knows whether he will not turn and relent,
and leave a blessing behind him,
a grain offering and a drink offering
for the Lord your God?
Blow the trumpet in Zion;
consecrate a fast;
call a solemn assembly;
gather the people.
Consecrate the congregation;
assemble the elders;
gather the children,
even nursing infants.
Let the bridegroom leave his room,
and the bride her chamber.
Between the vestibule and the altar
let the priests, the ministers of the Lord, weep
and say, “Spare your people, O Lord,
and make not your heritage a reproach,
a byword among the nations.
Why should they say among the peoples,
‘Where is their God?’”
Then the Lord became jealous for his land
and had pity on his people.
The Lord answered and said to his people,
“Behold, I am sending to you
grain, wine, and oil,
and you will be satisfied;
and I will no more make you
a reproach among the nations.
I will remove the northerner far from you,
and drive him into a parched and desolate land,
his vanguard into the eastern sea,
and his rear guard into the western sea;
the stench and foul smell of him will rise,
for he has done great things.
Fear not, O land;
be glad and rejoice,
for the Lord has done great things!
Fear not, you beasts of the field,
for the pastures of the wilderness are green;
the tree bears its fruit;
the fig tree and vine give their full yield.
Be glad, O children of Zion,
and rejoice in the Lord your God,
for he has given the early rain for your vindication;
he has poured down for you abundant rain,
the early and the latter rain, as before.
The threshing floors shall be full of grain;
the vats shall overflow with wine and oil.
I will restore to you the years
that the swarming locust has eaten,
the hopper, the destroyer, and the cutter,
my great army, which I sent among you.
You shall eat in plenty and be satisfied,
and praise the name of the Lord your God,
who has dealt wondrously with you.
And my people shall never again be put to shame.
You shall know that I am in the midst of Israel,
and that I am the Lord your God and there is none else.
And my people shall never again be put to shame.
And it shall come to pass afterward,
that I will pour out my Spirit on all flesh;
your sons and your daughters shall prophesy,
your old men shall dream dreams,
and your young men shall see visions.
Even on the male and female servants
in those days I will pour out my Spirit.
And I will show wonders in the heavens and on the earth, blood and fire and columns of smoke. The sun shall be turned to darkness, and the moon to blood, before the great and awesome day of the Lord comes. And it shall come to pass that everyone who calls on the name of the Lord shall be saved. For in Mount Zion and in Jerusalem there shall be those who escape, as the Lord has said, and among the survivors shall be those whom the Lord calls. "
---===---
(52)
(65)