(52) P: Joël 2 - Die dag van die HERE. Díe dag is groot en geweldig... die HERE gaan sy leermag teen Sion stuur as hulle hul nie bekeer nie. Maar daarna sal Hy sy volk jammer kry. Hy stuur vir hulle die Leraar (moreh) tot geregtigheid en reën. Hy sal hulle vergoed vir die jare van swaarkry en en hulle sal weet dat Hy in hulle midde is, hulle enigste God. Daarna sal Hy Sy Gees uitstort op alle vlees (in teenstelling met vroeër waar net sekere konings, rigters en profete met Sy Gees beklee is), en hulle sal profeteer, drome droom en gesigte sien. Hy sal wondertekens in die hemel en op aarde gee: bloed, vuur en rookpilare; die son sal verduister en die maan soos bloed word voor Sy groot dag aanbreek. Elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word. Joël 3 - Wanneer Hy die lot van Juda en Jerusalem verander het, sal Hy die nasies versamel in die dal van Josafat, die dal van beslissing, om hulle te oordeel. Die son, maan en sterre sal donker word. Uit die huis van die Here sal 'n fontein uitkom en Juda sal vir ewig in Jerusalem bly woon. Die HERE sal in Jerusalem bly en die bloed van Juda sal onskuldig verklaar word.
---===---
Amos