Created Friday 19 September 2014
(65) MP: Mal.3 - Kyk die HERE stuur 'n boodskapper voor Hom uit wat die pad vir Hom gaan gereedmaak (sien (36)). Dan sal die Here waarna hulle soek, die Engel (Boodskapper) van die verbond (sien (9) en (14)) skielik na Sy tempel kom. Hy sal die kinders van Levi soos vuur reinig en soos 'n smelter van silwer en goud. Mal.4 - Die goddelose sal verbrand word op die dag van die HERE (sien Joël 2), maar vir díe wat Hom vrees, sal die son van geregtigheid opkom met genesing in sy vleuels en hulle sal huppel van vreugde. Hy stuur die profeet Elia voor die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek om die vaders en die kinders te versoen.
---===---
Opsommend