Created Friday 08 June 2012
(8) SS: Die paasfees & Israel se verlossing.
Eks.4:22-23 - Israel is die HERE se eersgebore seun. As Farao nie vir Israel laat trek nie, sal sy eersgebore seun sterwe.
Die bloed van 'n lam sonder gebrek, waarvan geen bene gebreek mag word as na sy dood nie, word aan die deurkosyne geverf en beskerm daardie huis teen die dood. (Eks.12:5-13, 46) Sien ook: Gen.9:4, Deut.12:23, Lev.17:11 & Eks.29:21
(9) SS: Die Naam van die HERE is in die engel (boodskapper) van die HERE. Daarom moet ons na Hom luister en nie wederstrewig teen Hom wees nie. "Kyk, Ek stuur 'n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom. Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees. Want my Engel sal voor jou uit gaan en jou bring na die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete; en Ek sal hulle vernietig." (Eks.23:20-23)
---===---
Levitikus
Opsommend