Created Sunday 15 January 2012
(1) S: Die saad (nakomeling: זרע "zera") van die vrou sal eendag die slang (verleier) se kop vermorsel, maar die slang sal sy hakskeen vermorsel. (Sien ook Num.24:17 - (11))
"En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt." (Gen.3:15)
(2) P: In (deur) Abram sal al die geslagte van die aarde geseën word. [Nota: Interessant is dat daar beide 'n belofte vir die hede (Abraham se tyd) en die toekoms (sy nageslag) is... dit is tipies van die meeste profesieë in die Bybel.]
"...en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word." (Gen.12:1-3)
(3) SS: Abraham moet sy seun, sy enigste, wat hy liefhet, neem en op die berg Moría gaan offer. Moría is waar die tempel later gebou is (2 Kron.3:1), waar Jerusalem is, waar Jesus ook gekruisig is. (Gen.22:2) God voorsien 'n ram vir hom om in die plek van sy seun te offer.
(4) P: Omdat Abraham sy enigste seun, wat hy liefgehad het, nie teruggehou het van God nie, sal hy 'n groot nageslag hê. Sy nageslag (זרע: "zera" saad: enkelvoud in hierdie verse) sal die poorte van sy vyande inneem en in Sy saad sal al die nasies van die aarde geseën word. (Sien ook (2))
"...en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het."(Gen.22:15-18) Hier word die seën aan 'n spesifieke persoon, die saad van Abraham, gekoppel.
(5) P: In Isak se nageslag (saad) sal al die nasies van die aarde geseën word. (Gen.26:2-5) ( והתברכו בזרעך כל גויי הארץ )
(6) P: In Jakob en sy nageslag (saad) sal al die geslagte van die aarde geseën word. (Gen.28:14)
(7) MP (P?): Van Jakob/Israel se seuns sal Juda heers (septer en veldheer-staf as simbole daarvan - sien ook Num.24:17, (27)) todat Silo kom (moontlike vertaling: "hy wie s'n dit is") aan wie die volke gehoorsaam sal wees. Dan is daar 'n poëties beskrywing van hom (Gen.49:9-12). Jare later sê Esegiël (Eseg.21:25-27) aangaande die laaste koning van Juda, dat die kroon en tulband moet af, totdat Hy kom wat daarop reg het (of Hy aan wie die regspraak behoort (44)).
- en wanneer die hoëpriester ("Jesua" = dieselfde naam as "Jesus" in die Nuwe Testament) ná die ballingskap gekroon word, kom daar weer 'n profesie oor "'n Man wie se Naam is Spruit" (Sag.6:11-13) Ons kyk later na hierdie profesie.
SS: Die verhaal van Josef - die broer wat deur sy eie broers verwerp word, ontvang hoë gesag vanaf 'n vreemde koning en word eers jare later deur sy broers erken in vervulling van God se beloftes. Sien Mig.5 vir die profesie.
---===---
Exodus
(37)
Opsommend