Created Saturday 05 July 2014
(53) P: Mig.2:12-13 - Die Here sal Israel weer versamel (sien Esegiël en Jeremia). Hulle Koning sal voor hulle uittrek en die HERE heel vooraan.
(54) MP: Mig.4 en 5 is een lang profesie oor "die einde van die dae" / die laaste dae (sien (32)), maar ook met die nabyer toekoms (die wegvoer van Juda 4 geslagte later) in gedagte. Mig.4:1-8 - In die laaste dae sal die woord van die HERE vanuit Jerusalem uitgaan en baie nasies sal optrek na Jerusalem om die weë van die HERE te leer en daarvolgens te lewe. Die HERE sal hulle oordeel tussen die volke en vrede bring. Dan kom dit terug na "nou", waar Jerusalem inmekaar krimp en weggevoer gaan word. Dan in Mig.4:14 slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen met 'n stok. Waarskynlik 'n verwysing na die ballingskap (siek Klaagliedere), maar in die konteks van "die einde van die dae" ook 'n messiaanse verwysing na die Kneg van die HERE in Jesaja 50 ((37)). Mig.5 - Uit Betlehem sal daar 'n Heerser van Israel uitgaan vir die HERE wie se begin in die dae van die ewigheid lê. Hy sal hulle (Israel?) prysgee tot 'n barende gebaar het (Jerusalem, volgens Mig.4:10) en daarna sal sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer. Hy sal hulle laat wei in die sterkte van die HERE (sien Jesaja 7 en 9 (33), en Esegiël 34 (45)) en rustig laat woon. Hy sal nou groot wees tot aan die eindes van die aarde (sien Jes.11 (33)). En Hy sal vrede wees. In díe tyd sal die HERE die oorlogswapens (perde en strydwaens) uitroei (sien Hos.2 (49)) en oor die nasies oordeel wat nie na Hom geluister het n
ie.