[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Mig.4

Created Thursday 07 November 2013

(32) Mig.4:1-8, 14
"1 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. 2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. 3 En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. 4 Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek. 5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos. 6 In dié dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het. 7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie. En die HERE sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid. 8 En jy, Skaapstoring, Heuwel van die dogter van Sion, na jou sal dit kom, ja, die vroeëre heerskappy sal kom, die koningskap vir die dogter van Jerusalem. ...
14 Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het 'n wal teen ons opgegooi; met 'n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen."

"It shall come to pass in the latter days
that the mountain of the house of the Lord
shall be established as the highest of the mountains,
and it shall be lifted up above the hills;
and peoples shall flow to it,
and many nations shall come, and say:
“Come, let us go up to the mountain of the Lord,
to the house of the God of Jacob,
that he may teach us his ways
and that we may walk in his paths.”
For out of Zion shall go forth the law,
and the word of the Lord from Jerusalem.
He shall judge between many peoples,
and shall decide for strong nations afar off;
and they shall beat their swords into plowshares,
and their spears into pruning hooks;
nation shall not lift up sword against nation,
neither shall they learn war anymore;
but they shall sit every man under his vine and under his fig tree,
and no one shall make them afraid,
for the mouth of the Lord of hosts has spoken."
---===---
(54)
(32)


Backlinks: EnglishAnointed Miga Jesaja