Created Friday 22 March 2013
(17) SS: Salomo se heerskappy as skaduwee van die toekomstige Messias-ryk: Heers van die Eufraat tot by die Spruit van Egipte, die hele land wat God aan Abraham belowe het. Israel leef in vrede (van Dan tot Berseba), elkeen onder sy wingerd en sy vyeboom. (1 Kon.4: 20-21, 1 Kon. 4:24-25) Maar dis tydelik, slegs tydens Salomo se leeftyd (vgl. (16)). En Salomo bou vir die HERE 'n tempel, 'n permanente huis waar Hy tussen Sy mense sal woon (vs die tabernakel van vroeƫr, 'n tent, sprekend van 'n tydelike blyplek). (1 Kon.6:1,11-13) Meer wysheid as enige van die wyses van sy tyd, sodat uit alle volke mense gekom het om na sy wysheid te luister (1 Kon. 4: 29-34).
---===---
2 Konings
(34)
Opsommend