[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Sef.3

Created Tuesday 05 August 2014

(55) Sef.3:8-20
"8Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word! 9 Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met 'n eenparige skouer sal dien. 10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring. 11 Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie. 12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek. 13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie. 14 Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem! 15 Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie. 16 In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie! 17 Die HERE jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. 18 Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle. 19 Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot 'n lof en tot 'n roem wie se skande oor die hele aarde was. 20 In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot 'n roem en tot 'n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE."

"Therefore wait for me,” declares the Lord,
“for the day when I rise up to seize the prey.
For my decision is to gather nations,
to assemble kingdoms,
to pour out upon them my indignation,
all my burning anger;
for in the fire of my jealousy
all the earth shall be consumed.

For at that time I will change the speech of the peoples
to a pure speech,
that all of them may call upon the name of the Lord
and serve him with one accord.
From beyond the rivers of Cush
my worshipers, the daughter of my dispersed ones,
shall bring my offering.
On that day you shall not be put to shame
because of the deeds by which you have rebelled against me;
for then I will remove from your midst
your proudly exultant ones,
and you shall no longer be haughty
in my holy mountain.
But I will leave in your midst
a people humble and lowly.
They shall seek refuge in the name of the Lord,
those who are left in Israel;
they shall do no injustice
and speak no lies,
nor shall there be found in their mouth
a deceitful tongue.
For they shall graze and lie down,
and none shall make them afraid.”

Sing aloud, O daughter of Zion;
shout, O Israel!
Rejoice and exult with all your heart,
O daughter of Jerusalem!
The Lord has taken away the judgments against you;
he has cleared away your enemies.
The King of Israel, the Lord, is in your midst;
you shall never again fear evil.
On that day it shall be said to Jerusalem:
“Fear not, O Zion;
let not your hands grow weak.
The Lord your God is in your midst,
a mighty one who will save;
he will rejoice over you with gladness;
he will quiet you by his love;
he will exult over you with loud singing.
I will gather those of you who mourn for the festival,
so that you will no longer suffer reproach.
Behold, at that time I will deal
with all your oppressors.
And I will save the lame
and gather the outcast,
and I will change their shame into praise
and renown in all the earth.
At that time I will bring you in,
at the time when I gather you together;
for I will make you renowned and praised
among all the peoples of the earth,
when I restore your fortunes
before your eyes,” says the Lord."

---===---
(55)


Backlinks: EnglishAnointed Sefanja