Created Thursday 03 April 2014
(40) Jer.19
"1 So sê die HERE: Gaan koop vir jou 'n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk en oudstes uit die priesters. 2 En gaan uit na die dal van die seun van Hinnom wat voor die ingang van die Potskerwepoort lê, en roep daar uit die woorde wat Ek met jou sal spreek. 3 En jy moet sê: Hoor die woord van die HERE, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit; 4 omdat hulle My verlaat het en hierdie plek onherkenbaar gemaak het en vir ander gode, wat hulle nie geken het nie, daarin rook laat opgaan het — hulle en hulle vaders en die konings van Juda; en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges. 5 En hulle het die hoogtes van Baäl gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl — iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in my hart nie opgekom het nie. 6 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hierdie plek nie meer sal genoem word Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal. 7 En Ek sal die plan van Juda en Jerusalem in hierdie plek uitskud, en Ek sal hulle voor hul vyande deur die swaard laat val en deur die hand van die wat hulle lewe soek; en Ek sal hulle lyke gee as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde. 8 En Ek sal hierdie stad maak 'n voorwerp van verbasing en bespotting; elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en spot met al sy plae. 9 En Ek sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy naaste eet, in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak. 10 Dan moet jy die kruik breek voor die oë van die manne wat saam met jou gegaan het, 11 en vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos 'n mens 'n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie; en hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie. 12 So sal Ek met hierdie plek maak, spreek die HERE, en met sy inwoners, en hierdie stad maak soos Tofet. 13 En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode. 14 Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen die HERE hom gestuur het om te profeteer, en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE en aan die hele volk gesê: 15 So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie."
"Thus says the Lord, “Go, buy a potter's earthenware flask, and take some of the elders of the people and some of the elders of the priests, and go out to the Valley of the Son of Hinnom at the entry of the Potsherd Gate, and proclaim there the words that I tell you. You shall say, ‘Hear the word of the Lord, O kings of Judah and inhabitants of Jerusalem. Thus says the Lord of hosts, the God of Israel: Behold, I am bringing such disaster upon this place that the ears of everyone who hears of it will tingle. Because the people have forsaken me and have profaned this place by making offerings in it to other gods whom neither they nor their fathers nor the kings of Judah have known; and because they have filled this place with the blood of innocents, and have built the high places of Baal to burn their sons in the fire as burnt offerings to Baal, which I did not command or decree, nor did it come into my mind— therefore, behold, days are coming, declares the Lord, when this place shall no more be called Topheth, or the Valley of the Son of Hinnom, but the Valley of Slaughter. And in this place I will make void the plans of Judah and Jerusalem, and will cause their people to fall by the sword before their enemies, and by the hand of those who seek their life. I will give their dead bodies for food to the birds of the air and to the beasts of the earth. And I will make this city a horror, a thing to be hissed at. Everyone who passes by it will be horrified and will hiss because of all its wounds. And I will make them eat the flesh of their sons and their daughters, and everyone shall eat the flesh of his neighbor in the siege and in the distress, with which their enemies and those who seek their life afflict them.’
Then you shall break the flask in the sight of the men who go with you, and shall say to them, ‘Thus says the Lord of hosts: So will I break this people and this city, as one breaks a potter's vessel, so that it can never be mended. Men shall bury in Topheth because there will be no place else to bury. Thus will I do to this place, declares the Lord, and to its inhabitants, making this city like Topheth. The houses of Jerusalem and the houses of the kings of Judah— all the houses on whose roofs offerings have been offered to all the host of heaven, and drink offerings have been poured out to other gods—shall be defiled like the place of Topheth.’”
Then Jeremiah came from Topheth, where the Lord had sent him to prophesy, and he stood in the court of the Lord's house and said to all the people: “Thus says the Lord of hosts, the God of Israel, behold, I am bringing upon this city and upon all its towns all the disaster that I have pronounced against it, because they have stiffened their neck, refusing to hear my words.” "
---===---
(40)