[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Jer.33

Created Thursday 14 November 2013

Jer.33:6-18
"6 Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar 'n oorvloed van duursame vrede. 7 En Ek sal die lot van Juda en die lot van Israel verander en hulle bou soos tevore. 8 En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het. 9 En die stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys. 10 So spreek die HERE: In hierdie plek waarvan julle sê: Dit is woes, sonder mens en sonder dier — in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder mens en sonder inwoner en sonder dier, sal weer gehoor word 11 die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! — van die wat 'n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE. 12 So spreek die HERE van die leërskare: In hierdie plek wat woes is, sonder mens of dier, en in al die stede daarvan sal weer 'n weiveld vir die herders wees wat troppe kleinvee laat lê en rus. 13 In die stede van die Gebergte, in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland en in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda sal die troppe kleinvee weer by die teller verbygaan, sê die HERE. 14 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda. 15 In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid 'n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land. 16 In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID. 17 Want so sê die HERE: Daar sal vir Dawid nie 'n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie; 18 en daar sal vir die Levitiese priesters nooit voor my aangesig 'n man ontbreek wat altyddeur brandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie."

"Behold, I will bring to it health and healing, and I will heal them and reveal to them abundance of prosperity and security. I will restore the fortunes of Judah and the fortunes of Israel, and rebuild them as they were at first. I will cleanse them from all the guilt of their sin against me, and I will forgive all the guilt of their sin and rebellion against me. And this city shall be to me a name of joy, a praise and a glory before all the nations of the earth who shall hear of all the good that I do for them. They shall fear and tremble because of all the good and all the prosperity I provide for it.
Thus says the Lord: In this place of which you say, ‘It is a waste without man or beast,’ in the cities of Judah and the streets of Jerusalem that are desolate, without man or inhabitant or beast, there shall be heard again the voice of mirth and the voice of gladness, the voice of the bridegroom and the voice of the bride, the voices of those who sing, as they bring thank offerings to the house of the Lord:
‘Give thanks to the Lord of hosts,
for the Lord is good,
for his steadfast love endures forever!’
For I will restore the fortunes of the land as at first, says the Lord.
Thus says the Lord of hosts: In this place that is waste, without man or beast, and in all of its cities, there shall again be habitations of shepherds resting their flocks. In the cities of the hill country, in the cities of the Shephelah, and in the cities of the Negeb, in the land of Benjamin, the places about Jerusalem, and in the cities of Judah, flocks shall again pass under the hands of the one who counts them, says the Lord.

Behold, the days are coming, declares the Lord, when I will fulfill the promise I made to the house of Israel and the house of Judah. In those days and at that time I will cause a righteous Branch to spring up for David, and he shall execute justice and righteousness in the land. In those days Judah will be saved and Jerusalem will dwell securely. And this is the name by which it will be called: ‘The Lord is our righteousness.’

For thus says the Lord: David shall never lack a man to sit on the throne of the house of Israel, and the Levitical priests shall never lack a man in my presence to offer burnt offerings, to burn grain offerings, and to make sacrifices forever.”"

---===---
(42)
(32)
(49)


Backlinks: EnglishAnointed Jesaja Jeremia Hosea