[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Jes.49

Created Tuesday 11 February 2014

(37) Jes.49:1-13
"1 Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem. 2 En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek; 3 en Hy het vir My gesê: Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik. 4 Maar Ék het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God. 5 En nou sê die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word — en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte — 6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde. 7 So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat 'n afsku is by die volk, 'n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het. 8 So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe; 9 om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees. 10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water. 11 En Ek sal al my berge tot 'n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees. 12 Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár kom van die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete. 13 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges."

"Listen to me, O coastlands,
and give attention, you peoples from afar.
The Lord called me from the womb,
from the body of my mother he named my name.
He made my mouth like a sharp sword;
in the shadow of his hand he hid me;
he made me a polished arrow;
in his quiver he hid me away.
And he said to me, “You are my servant,
Israel, in whom I will be glorified.”
But I said, “I have labored in vain;
I have spent my strength for nothing and vanity;
yet surely my right is with the Lord,
and my recompense with my God.”
And now the Lord says,
he who formed me from the womb to be his servant,
to bring Jacob back to him;
and that Israel might be gathered to him—
for I am honored in the eyes of the Lord,
and my God has become my strength—
he says:
“It is too light a thing that you should be my servant
to raise up the tribes of Jacob
and to bring back the preserved of Israel;
I will make you as a light for the nations,
that my salvation may reach to the end of the earth.”
Thus says the Lord,
the Redeemer of Israel and his Holy One,
to one deeply despised, abhorred by the nation,
the servant of rulers:
“Kings shall see and arise;
princes, and they shall prostrate themselves;
because of the Lord, who is faithful,
the Holy One of Israel, who has chosen you.”

Thus says the Lord: “In a time of favor I have answered you;
in a day of salvation I have helped you;
I will keep you and give you
as a covenant to the people,
to establish the land,
to apportion the desolate heritages,
saying to the prisoners, ‘Come out,’
to those who are in darkness, ‘Appear.’
They shall feed along the ways;
on all bare heights shall be their pasture;
they shall not hunger or thirst,
neither scorching wind nor sun shall strike them,
for he who has pity on them will lead them,
and by springs of water will guide them.
And I will make all my mountains a road,
and my highways shall be raised up.
Behold, these shall come from afar,
and behold, these from the north and from the west,
and these from the land of Syene.”
Sing for joy, O heavens, and exult, O earth;
break forth, O mountains, into singing!
for the Lord has comforted his people
and will have compassion on his afflicted."

---===---
(37)
(50)


Backlinks: EnglishAnointed Jesaja Opsommend Hosea