Created Wednesday 06 August 2014
(56) Hag.2:1-9, 20-23
"1 Op die een en twintigste dag van die sewende maand het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê: 2 Spreek tog met Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en met Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en met die oorblyfsel van die volk en sê: 3 Wie is onder julle nog oor wat hierdie huis in sy vroeëre heerlikheid gesien het? En hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie net soos niks in julle oë nie? 4 Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek die HERE, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die HERE, en werk! Want Ek is met julle, spreek die HERE van die leërskare, 5 met betrekking tot die verbond wat Ek met julle gesluit het by julle uittog uit Egipteland, en my Gees sal in julle midde bestendig bly; wees nie bevrees nie! 6 Want so sê die HERE van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. 7 Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare. 8 Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare. 9 Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare. ...
20 Vir die tweede maal het die woord van die HERE tot Haggai gekom op die vier en twintigste van die maand en gesê: 21 Spreek met Serubbábel, die goewerneur van Juda, en sê: Ek sal die hemel en die aarde laat bewe. 22 En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koninkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp, en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander. 23 In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubbábel, seun van Seáltiël, my kneg, spreek die HERE, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die HERE van die leërskare."
"In the seventh month, on the twenty-first day of the month, the word of the Lord came by the hand of Haggai the prophet, “Speak now to Zerubbabel the son of Shealtiel, governor of Judah, and to Joshua the son of Jehozadak, the high priest, and to all the remnant of the people, and say, ‘Who is left among you who saw this house in its former glory? How do you see it now? Is it not as nothing in your eyes? Yet now be strong, O Zerubbabel, declares the Lord. Be strong, O Joshua, son of Jehozadak, the high priest. Be strong, all you people of the land, declares the Lord. Work, for I am with you, declares the Lord of hosts, according to the covenant that I made with you when you came out of Egypt. My Spirit remains in your midst. Fear not. For thus says the Lord of hosts: Yet once more, in a little while, I will shake the heavens and the earth and the sea and the dry land. And I will shake all nations, so that the treasures of all nations shall come in, and I will fill this house with glory, says the Lord of hosts. The silver is mine, and the gold is mine, declares the Lord of hosts. The latter glory of this house shall be greater than the former, says the Lord of hosts. And in this place I will give peace, declares the Lord of hosts.’”
...
The word of the Lord came a second time to Haggai on the twenty-fourth day of the month, “Speak to Zerubbabel, governor of Judah, saying, I am about to shake the heavens and the earth, and to overthrow the throne of kingdoms. I am about to destroy the strength of the kingdoms of the nations, and overthrow the chariots and their riders. And the horses and their riders shall go down, every one by the sword of his brother. On that day, declares the Lord of hosts, I will take you, O Zerubbabel my servant, the son of Shealtiel, declares the Lord, and make you like a signet ring, for I have chosen you, declares the Lord of hosts.” "
---===---
(56)