Created Sunday 01 December 2013
(34) Jes.12
"1 En in dié dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos. 2 Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. 3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil. 4 En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is! 5 Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde. 6 Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde."