[ Prev ] [ Index ] [ Next ]

Ps.18

Created Saturday 29 June 2013

(20) Ps.18
"Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. 2 En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte. 3 Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. 4 Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyande word ek verlos. 5 Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval. 6 Bande van die doderyk was rondom my; strikke van die dood het my teëgekom. 7 Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom. 8 Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was. 9 Rook in sy neus het opgegaan, en 'n vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand. 10 En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete. 11 En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind. 12 Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke. 13 Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole. 14 En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole. 15 En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja, sy bliksems in menigte, en Hy het hulle verwar. 16 En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus. 17 Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek. 18 Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my. 19 Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun. 20 En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het. 21 Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande. 22 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie; 23 want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie. 24 Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid. 25 So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë. 26 By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, 27 by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. 28 Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is. 29 Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar. 30 Want met U loop ek 'n bende storm, en met my God spring ek oor 'n muur. 31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. 32 Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God? 33 God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak. 34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes. 35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my arms 'n koperboog span. 36 Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak. 37 U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie. 38 Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie. 39 Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete. 40 En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk. 41 En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig. 42 Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie — tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie. 43 Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate. 44 U het my gered uit die getwis van die volk; U het my 'n hoof gemaak van nasies; 'n volk wat ek nie geken het nie, het my gedien. 45 Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam, uitlanders het kruipende na my gekom. 46 Uitlanders word kragteloos en kom met siddering uit hulle vestings. 47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil! 48 Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp; 49 wat my red van my vyande; ja, U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld. 50 Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en tot eer van u Naam wil ek psalmsing. Hy wat die verlossinge van sy koning groot maak en goedertierenheid bewys aan sy gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewigheid."

"To the choirmaster. A Psalm of David, the servant of the Lord, who addressed the words of this song to the Lord on the day when the Lord rescued him from the hand of all his enemies, and from the hand of Saul. He said: I love you, O Lord, my strength.
The Lord is my rock and my fortress and my deliverer,
my God, my rock, in whom I take refuge,
my shield, and the horn of my salvation, my stronghold.
I call upon the Lord, who is worthy to be praised,
and I am saved from my enemies.
The cords of death encompassed me;
the torrents of destruction assailed me;
the cords of Sheol entangled me;
the snares of death confronted me.
In my distress I called upon the Lord;
to my God I cried for help.
From his temple he heard my voice,
and my cry to him reached his ears.
Then the earth reeled and rocked;
the foundations also of the mountains trembled
and quaked, because he was angry.
Smoke went up from his nostrils,
and devouring fire from his mouth;
glowing coals flamed forth from him.
He bowed the heavens and came down;
thick darkness was under his feet.
He rode on a cherub and flew;
he came swiftly on the wings of the wind.
He made darkness his covering, his canopy around him,
thick clouds dark with water.
Out of the brightness before him
hailstones and coals of fire broke through his clouds.
The Lord also thundered in the heavens,
and the Most High uttered his voice,
hailstones and coals of fire.
And he sent out his arrows and scattered them;
he flashed forth lightnings and routed them.
Then the channels of the sea were seen,
and the foundations of the world were laid bare
at your rebuke, O Lord,
at the blast of the breath of your nostrils.
He sent from on high, he took me;
he drew me out of many waters.
He rescued me from my strong enemy
and from those who hated me,
for they were too mighty for me.
They confronted me in the day of my calamity,
but the Lord was my support.
He brought me out into a broad place;
he rescued me, because he delighted in me.
The Lord dealt with me according to my righteousness;
according to the cleanness of my hands he rewarded me.
For I have kept the ways of the Lord,
and have not wickedly departed from my God.
For all his rules were before me,
and his statutes I did not put away from me.
I was blameless before him,
and I kept myself from my guilt.
So the Lord has rewarded me according to my righteousness,
according to the cleanness of my hands in his sight.
With the merciful you show yourself merciful;
with the blameless man you show yourself blameless;
with the purified you show yourself pure;
and with the crooked you make yourself seem tortuous.
For you save a humble people,
but the haughty eyes you bring down.
For it is you who light my lamp;
the Lord my God lightens my darkness.
For by you I can run against a troop,
and by my God I can leap over a wall.
This God—his way is perfect;
the word of the Lord proves true;
he is a shield for all those who take refuge in him.
For who is God, but the Lord?
And who is a rock, except our God?—
the God who equipped me with strength
and made my way blameless.
He made my feet like the feet of a deer
and set me secure on the heights.
He trains my hands for war,
so that my arms can bend a bow of bronze.
You have given me the shield of your salvation,
and your right hand supported me,
and your gentleness made me great.
You gave a wide place for my steps under me,
and my feet did not slip.
I pursued my enemies and overtook them,
and did not turn back till they were consumed.
I thrust them through, so that they were not able to rise;
they fell under my feet.
For you equipped me with strength for the battle;
you made those who rise against me sink under me.
You made my enemies turn their backs to me,
and those who hated me I destroyed.
They cried for help, but there was none to save;
they cried to the Lord, but he did not answer them.
I beat them fine as dust before the wind;
I cast them out like the mire of the streets.
You delivered me from strife with the people;
you made me the head of the nations;
people whom I had not known served me.
As soon as they heard of me they obeyed me;
foreigners came cringing to me.
Foreigners lost heart
and came trembling out of their fortresses.
The Lord lives, and blessed be my rock,
and exalted be the God of my salvation—
the God who gave me vengeance
and subdued peoples under me,
who delivered me from my enemies;
yes, you exalted me above those who rose against me;
you rescued me from the man of violence.
For this I will praise you, O Lord, among the nations,
and sing to your name.
Great salvation he brings to his king,
and shows steadfast love to his anointed,
to David and his offspring forever."
---===---
(20)


Backlinks: Psalms