Created Sunday 27 January 2013
Jes.8:18-22
"18 Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het — tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon. 19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel — moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word? 20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie. 21 Dan sal hulle deur die land trek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk, 22 ook die aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees! In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe."
Jes.8:23 - 9:6
"23Want nie langer sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die land Sébulon en die land Náftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek (גליל Galil = Galilea) van die heidene. 1 Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn. 2 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word. 3 Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van Mídian. 4 Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, 'n prooi van die vuur. 5 Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar (פלא) , Raadsman (יועץ), Sterke God (אל גבור), Ewige Vader (אביעד), Vredevors (שר שלום) —
6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen."
Is.9:1-7
"But there will be no gloom for her who was in anguish. In the former time he brought into contempt the land of Zebulun and the land of Naphtali, but in the latter time he has made glorious the way of the sea, the land beyond the Jordan, Galilee of the nations.
The people who walked in darkness
have seen a great light;
those who dwelt in a land of deep darkness,
on them has light shined.
You have multiplied the nation;
you have increased its joy;
they rejoice before you
as with joy at the harvest,
as they are glad when they divide the spoil.
For the yoke of his burden,
and the staff for his shoulder,
the rod of his oppressor,
you have broken as on the day of Midian.
For every boot of the tramping warrior in battle tumult
and every garment rolled in blood
will be burned as fuel for the fire.
For to us a child is born,
to us a son is given;
and the government shall be upon his shoulder,
and his name shall be called
Wonderful Counselor, Mighty God,
Everlasting Father, Prince of Peace.
Of the increase of his government and of peace
there will be no end,
on the throne of David and over his kingdom,
to establish it and to uphold it
with justice and with righteousness
from this time forth and forevermore.
The zeal of the Lord of hosts will do this."
---===---
(33)
(14)
(25)
(30)
(34)
(35)